Contact Jolize
Cell: 072 749 6868
Email: Jolize@pawsntails.co.za

Johannesburg clients please contact
Shantel Mills
0762411820
shantelmills@rocketmail.com

You can judge the greatness of a nation by how they care for their animals!

Mobiele Honde Afronding en Versorging met 'n sensitiewe benadering

"Paws n Tails" is 'n Mobiele " Mobile Pet Care" diens, gebasseer in en om die Pretoria area met spesialisasie in " Bathing and Dipping pets, Grooming and Cutting asook Pet Sitting". Alle nodige werks toerusting word karwei met ons mobiele eenheid ter versekering dat troeteldiere nie buite hul gemaksone-areas verwyder word nie. Werkstoerusting waarmee ons mobiele eenheid toegerus is, sluit onder andere die volgende in: verkeidenheid bad groottes, afronding stelle, dipstof middels, honde en katte sjampoe's, haar borsels, handdoeke asook allerlei verskeie troeteldier versorging produkte. Jou troeteldier en water, by die perseel is ons enigste vereiste ter voltooing van die afronding proses.

Jou honde , katte en ander diere word met liefde en binne 'n rustige atmosfeer versorg.

"Paws n Tails" het binne 'n kort tydperk 'n welverdiende reputasie opgebou vir ons passie, natuurlike aanvoeling en geduld waarmee daar na jul troeteldiere omgesien word. Tydens lewering, na die afloop van versorging, vind eienaars hul troeteldiere gewoonlik in 'n gemoedelike en gelukkige bui. Ons vind voortdurend dat eienaars konsekwent aangenaam verras is met die troeteldiere se gemoedstoestand na afloop van elke kontak/versorging sessie.

Jou troeteldier se afronding, versorging en gemak ons passie

By "Paws n Tails" het ons 'n natuurlike passie vir jou troeteldier se gemoedstoestand. Ons is oortuig daarvan dat dierversorging uit meer elemente as net was, afronding en dipstowwe toedien, bestaan. Hierdie diere word gesien as 'n integrale deel tot die betrokke families, en uit die aard van hul onderskeie vlakke van intelligensie, uiters sensitief is vir ons emosies en houding jeens hulle. Troeteldiere se gemoedstoestand word in baie gevalle as universeel aanvaar en sodoende kan 'n misvertand ontstaan.

Ons passie en werks etiek aangaande jou troeteldier se versorging maak ons by "Pawns 'n Tails" uiters geskik vir die verskeie dienste wat ons aanbied.