Ons bied 'n mobiele troeteldier
versorgingsdiens waar diere binne hul gemaksomgewing versorg word - by
jou en jou troeteldier se woning. Versorging en 'n goeie dieet dra by
tot 'n gesonde en gelukkige troeteldier. Ter voorkoming van hare wat koek
asook velsiektes (dermatitis) moet diere se pelse gereeld uitgeborsel
word. Gereelde roskammering help ook met die verwydering van dooie vel
wat 'n gekrappery voorkom, as gevolg van 'n gesonde vel.
Sny van pelse gee aanleiding
tot 'n gemaklike dier, veral binne 'n klimaat wat vreemd is. Dit gee verder
aanleiding ter voorkoming van negatiwe velkondisies, wat veral voorkom
tussen honde in 'n warm klimaat.
Bad
en dip
Korrekte troeteldier versorgingsprodukte
is issensieel ten einde diere se sensitiewe velle en pelse skoon en gesond
te hou. Die bad van troeteldiere skep geleenthede vir sorgvuldige inspeksie
vir bosluise, vlooie asook verskeie oorsake vir moontlike vel irritasies
wat uiteraard kan lei tot ongemak vir die troeteldier. Dit is ook uiters
belangrik vir diere eienaars om kennis te dra van die korrekte tussenposes
vir versorging. Indien honde te veel gebad word, asook die gebruik van
verkeerde versorging produk is uiters ongesond vir hondepelse. Goed versorgde
honde het ook minder effek op mense wat sensitief is tot verskei allergiee.
In kort; 'n skoon hond is 'n gelukkige hond.
Dip van troeteldiere
dra by tot gesonde en gelukkige diere. Buiten dat bosluise en vlooie beheer
word, dien gereelde dip van diere ook a voorkoming van gevalle van wurms
en ander peste. Gebruik van korrekte produkte lei tot penetrasie van die
vel wat dan bydrae tot werking van binne na buite.
Oppas
van troeteldiere
Ons verskaf 'n troeteldier
oppas diens, waar diere een maal per dag besoek word, waartydens daar
positiewe interaksie met diere plaasvind. Lewering van troeteldiere by
diere hotelle, "kennels", ensovoorts, gaan gewoonlik gepaard met trauma
vir die diere. Ideal sou gewees het om diere binne die omgewing te los
waar hulle gemaklik is. Indien troeteldiere tuis versorg word, sal ons
ook verseker dat die eiendom, swembaddens asook enige ander entiteit soos
deur u uitgewys, bevestig word.